Our Artists
"We have the stars"
Kurt Darren
Die Heuwels Fantasties
Dozi
Jannie Moolman
ADAM
Radio Kalahari Orkes

Hennie Jacobs (Diederick - 7de laan)

Deidre
Christina Storm
Dozi & Nianell
International Tour:  February 2012 - Superstar Legends  The Hollies
Irene-Louise van Wyk
Irene van Wyk
24/09/65-12/10/09

 (RIP)

Louis van Wyk
Die Heuwels Fantasties 

“Dit verteenwoordig meer as ‘n bandnaam… amper soos ‘n mitiese plek.” 

Die Heuwels Fantasties is...

Pierre Greeff (sang en lirieke), Hunter Kennedy (baskitaar, agtergrond sang, lirieke), Fred den Hartog (kitaar, produksie), Philip Erasmus (tromme) 

 

Die Heuwels Fantasties is in 2008 gevorm toe beide Hunter Kennedy en Pierre Greeff se musiekgroepe ‘n breuk geneem het.  Hulle het hul eie platemaatskappy,  Supra Familias, terselfdetyd gestig. 

Hunter is tans nog betrokke by Fokofpolisiekar en voorheen by aKING en Pierre was voorheen in Lukraaketaar.

Die groep beskryf hulle musiek as “melodieuse liedjies geskryf op akoestiese kitaar, met elektroniese en organiese instrumente geintrepeteer.  Mens noem dit seker pop.” 

Hoogtepunte 2011 

  • Die Heuwels Fantasties stel hul lank verwagte tweede album, Wilder as die Wildtuin, vry in Maart. Inge Beckman (Lark), Adriaan Brand (Springbok Nude Girls) en Ryk Benade (Kidofdoom) het aangesluit by hierdie safari.  Hierdie album maak ‘n lekker draai deur ‘n samewerking met die legende, Coenie de Villiers op die lied Wonder bo Wonder
  • Die Heuwels Fantasties het die geskiedenisboeke van die Suid-Afrikaanse musiekindustrie herskryf met hierdie album. Hulle is die eerste Afrikaanse rock groep om die Nommer 1 posisie te bekleë op SABC se Top 20 verkopers lys. Hulle was twee opeenvolgende weke Nommer 1. Wat hierdie prestasie so spesiaal maak, is dat hierdie ‘chart’ al 40 jaar oud is. 
  • Die Heuwels Fantasties het in April die nommer 1 possisie bekleë, op DKNT (Die kykNET Top Tien) se chart.  DKNT is 'n musiekprogram wat weekliks die Top 10 Afrikaanse CD-verkopers aftel. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van DKNT dat ‘n rock groep so hoog klim op die rangleër (eintlik enigsins te verskyn op die rangleër).
  • Wilder as die Wildtuin bereik Goudstatus in verkope; sleg ses maande nadat die album die rakke tref.
  • Die Heuwels Fantasties word gekies as Kuns Ambassadeurs deur die Kuns en Kultuur Departement vir die Springbokke by die Rugby Węreldbeker.
  • Die groep word gekies om vir die Internasionale band, Kings of Leon, te open in Oktober.

Toekennings: 

  • MK Awards 2011:

Beste Groep.  Die ouens is nou die trotse eienaars van ‘n Hyundai bussie.

Beste Neon vir Hyg Duiwel met Mr. X

Beste SX/Animasie vir Hyg Duiwel met Mr. X

Beste Video vir Hyg Duiwel met Mr.X 

  • Huisgenoot Tempo Toekennings 2011:

Alternatiewe musiekvideo van die jaar saam met MK – Noorderlig

Skopskuifalbum van die jaar – Wilder as die Wildtuin 

Hoogte punte 2010 

  • Optrede by die Unie geboue op Vrydheidsdag, waartydens President Zuma Suid-Afrika toegespreek het.
  • Album verkope het goud status behaal in November.
  • ‘n Baie suksesvolle toer is na Europa in Julie onderneem saam met Jack Parow.
  • ‘n Visuele album, Lekker Luister Liedjies vir die Langpad, is uitgereik einde November. Hierdie uitreiking het ‘n DVD ingesluit met ‘n video vir elke snit.
  • Die groep het die asemrowende animasie musiekvideo vir Noordelig vrygestel.  Die video het ‘n strokiesprent gevoel en is vervaardig deur Am I Collective.

Kyk Noorderlig:  http://www.youtube.com/watch?v=yl5LaocojO4

Toekennings:  

MK Awards:

  • Groep – Sonrotse
  • MFM Kampus Treffer – Pille vir Kersfees

SAMA’s

  • SAMA – Beste Alternatiewe album – Afrikaans

Nominasies: 

Huisgenoot Tempo:  Beste alternatiewe musiekvideo van die jaar saam met MK - Sonrotse 

Hoogtepunte 2009: 

  • Die groep blaas skares weg met elektriese en visueel unieke optredes by die Coca-Cola Zero Fest, Oppikoppi en voorste clubs.
  • Die self-getitelde vollengte album word in Maart uitgereik.  Jack Parow, Francois van Coke, Laudo Liebenberg, onder andere, dra by tot die album.
  • In samewerking met The Soweto Gospel Choir, HHP en JR, reik hulle ‘n Engelse snit, Our Heritage, uit. Die song word gratis vry gestel om Braai4Heritage te bemark.

Toekennings:

  • Huisgenoot Tempo:  Gewildste Kopskuif Album
  • Rapport VAMT:  Beste Groep Album
  • MFM: #1 Top 10 Suid-Afrikaanse album van 2009
  • Beeld Plus – Rock oorsig: Top 25 songs van 2009

Radio:

  • Dié groep het die kampus radios aan die brand met Nommer 1’s op, Tuks FM, MFM, Puk FM, UJ FM en Kovsie FM.
  • Klein Tambotieboom bereik Nommer 1 op Helderberg Radio.
  • Hulle musiek word ook gespeel op 5 FM, RSG, Highveld Stereo, KFM, Jacaranda FM se Jukebox, OFM, Oosrand Stereo, Helderberg Radio, Bay FM en East Coast Radio onder andere.

Hoogtepunte 2008: 

  • Oorlewing 101 en Vinger Alleen word gratis beskikbaar gestel op die internet.
  • Albei hierdie songs bereik nommer 1 op verskeie kampus radiostasies.
  • Die musiekvideo vir Vinger Alleen bereik Nommer 1 op MK se Top 10.
  • Pille vir Kersfees word in Desember vrygestel. ‘n Beperkte dosis van vier songs en drie videos is uitgereik op ‘n flitsgeheue stafie in die vorm van ‘n pil.
  • Pille vir Kersfees word onmiddelik uitverkoop.

Uittreksels van die lirieke - Wilder as die Wildtuin  

Buitenste Ruim: almal het demone wat in hul is, ek probeer al lankal om die verlede af te skud en uit te wis, ek wonder soms waar jy ook is, met een voet in die dryfsand en die ander wat probeer om balans te vind.

Nog ʼn Jaar: voor jy jou oë kon uitvee, het ons nog ‘n jaar kafgedraf, voor jy jou, oë kon uitvee, regreseer ons in ‘n jap-trap

Wilder as die Wildtuin: daar word gewoonlik slegs twee benodig, daar’s 'n pols, wat kan ontplof, wanneer laas hals oor kop, ‘n hartaanval vol domkrag, 'n kop wat stop 

Uittreksels van die lirieke – Die Heuwels Fantasties 

Leja: ons laaste avondsdrome versprei soos waterstrome, op die gras, Leja, sit dit vas, soos dit was

Klein Tambotieboom:  as die osoonlaag vergaan, en in ‘n kandelaar van sterre val, begrawe my hart op Klein Tambotieboom

Sonrotse: want ek's mos gees vat, kaal keiser, omgekoop en omgedop, net my liggaam loop hier rond 

Resensie vir tweede album- Wilder As Die Wildtuin 

“Wilder As Die Wildtuin is definitief nie net nog `n album nie. Luister net na die eerste snit en jy weet dadelik jy het met `n wenalbum te doen.” Perdeby 

Die Heuwels Fantasties is die beste Afrikaanse popgroep in die land.”  Klankas - Litnet 

Resensies vir eerste album – Die Heuwels Fantasties 

“Ons praat hier van ouens wat inisiatief aan die dag lę met en die invloede van die elektro-genre gebruik om nuwe goed te skep wat innoverend, progressief en ‘n plesier vir die oor is.

Die Heuwels Fantasties is lag-lag een van die heel beste albums wat in ‘n lang tyd musiek Afrikaans gemaak is.”  Angola Badprop – Sondag

“Maar Die Heuwels Fantasties ken hulle storie; hulle is nie bang om avontuurlik en eksperimenteel te wees nie. Volgens ons paneel is Die Heuwels Fantasties en Foto Na Dans die beste en oorspronklikste Afrikaanse groepe van die oomblik, en hulle wil dit graag pertinent op die rekord stel. Dit word aldusdanig genotuleer.” Theunis Engelbrecht – Litnet Klankas 

“Wow. Ek sou die skrywe net hier kon eindig.  Hierdie bittermooi, pynlik earlike, reguit klank.  Die Heuwels Fantasties se eerste vollengte album is ‘n ongelooflike toevoeging tot ‘n ewig groeiende musiekspyskaart.” Rozanne Els – Die Burger Jip 

Gaan loer by: 

www.dieheuwels.co.za

www.myspace.com/dieheuwelsfantasties

www.myspace.com/suprafamilias

www.facebook.com/home.php#/pages/Die-Heuwels-Fantasties/14155030297 

Videos: 

http://www.youtube.com/user/dieheuwels 

Koop die musiek: 

www.klicktrack.com/klicktrack/releases/dieheuwels/ekhoudaarvan?cp=162