IRENE-LOUISE VAN WYK
Om groot te word in 'n huis vol musiek en bekende mense maak dit vir Irene-Louise natuurlik om haar droom van 'n sang loopbaan te kan begin uitleef. Na haar ma, Irene van Wyk, se tragiese afsterwe op 09 Oktober 2009 is Irene-Louise net meer vasbeslote om in die groot skoene van haar ma te volg. Irene-Louise wil natuurlik ook haar ma, en grootste mentor trots maak. Sy het deur haar lewe baie kunstenaars op verhoog beleef maar haar ogies was altyd op haar ma gerig en geweet dit is wat sy eendag wil doen. Dit is duidelik, op die ouderdom van 18, dat daar oorvloed van natuurlike talent is en sy gaan hierdie kans met haar eerste 2 vrystellings met beide hande aangryp en verseker dat sy nog vir haar 'n groot paadjie in die musiek bedryf uitkerf. Die treffende balade "So Unreal" is deur haar geskryf wat ontstaan het uit emosies wat beleef het met die verloor van haar mentor, vriendin en ma. Die hoop is dat hierdie liedjie ook vir vele ander dieselfde kan beteken as wat dit tans doen vir Irene-Louise. Ons eie diva, Nianell, was so beindruk met die lirieke en stem daaragter dat sy aangebied het om dit te toonset en ook haar engel stem saam met Irene-Louise sin te laat smelt, en so is hierdie treffer "So Unreal " gebore. Die Afrikaanse vrystelling "In die Middel" was 'n groot treffer vir haar ma Irene van Wyk, nagenoeg 14 jaar gelede en die gevoel was dat dit tyd is vir hierdie liedjie afgestof en weer navore gebring word. Sy deel haar stem met Mornč wat voorheen deel was van die groep "Love you So". Die unieke stem van Irene-Louise gaan verseker vir jare op radio stasies gehoor word deur 'n overwagtende publiek gegewe haar sangstyl en haar eerste 2 treffers "So Unreal" en "In die Middel"...Hou die talent dop vir groot dinge.! Listen to Irene-Louise' 2nd single, "In Die Middel", with Morne "Luister na die 1ste treffer, "So Unreal" van Irene-Louise van Wyk, met spesiale gas Nianell. Die liedjie is opgedra aan haar ma, Irene van Wyk en hopelik 'n inspirasie vir baie mense. Download ook die liedjie."
(Lyrics to "So Unreal")
So Unreal |