Our Artists
"We have the stars"
Kurt Darren
Dozi
Jannie Moolman
ADAM
Radio Kalahari Orkes
Die Heuwels Fantasties

Hennie Jacobs (Diederick - 7de laan)

Hykie Berg
Deidre
Christina Storm
Dozi & Nianell
International Tour:  February 2012 - Superstar Legends  The Hollies
Irene-Louise van Wyk
Irene van Wyk
24/09/65-12/10/09

 (RIP)

Louis van Wyk

IRENE VAN WYK (RIP) 24/09/65-12/10/09

‘n Handvol Herinneringe

The Tribute Tracks

Click here for more information

Click Here to visit her Tribute Page

IRENE…..die stem!!!
Sedert Irene haar debuutalbum in 1986 opgeneem het, het sy ‘n lang, beduidende pad in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf gestap. Sy het al talle suksesvolle CD’s vrygestel en die jongste toevoeging tot haar repertoire gaan beslis die volk laat gons – op haar splinternuwe duetalbum, LYNE VAN JOU LYF, sing sy die allermooiste duette saam met van die land se heel grootste kunstenaars. Gróót name soos STEVE HOFMEYR, LAURIKA RAUCH, KURT DARREN, RINA HUGO, DOZI, COENIE DE VILLIERS, SONJA HERHOLDT, MATHYS ROETS, NADINE EN PIETER KOEN het saam met Irene agter die mikrofoon ingeskuif en die eindproduk is fenomenaal! Net die blote feit dat Irene vokaal só goed saam met elkeen van hierdie sangers kon werk, spreek boekdele van haar veelsydigheid en sonderlinge vokale vermoëns... Die vyftien liedjies op die album is ‘n mengsel van rock en die allermooiste liefdesliedjies. Irene sing ook haar immergewilde solo “All Around The World,” asook drie nuwe solo’s op dié album. Sy is lank reeds bekend as een van die mees diverse sangeresse in ons land. Sy sing in Afrikaans en Engels, jazz én rock. Irene het al as gaskunstenaar saam met internasionale groepe opgetree soos Bad Boys Blue en Smokie.


Haar optredes sluit onder andere in verskeie korporatiewe vertonings te Sun City, Carnival City, Morula Sun, Emperor’s Palace, KKNK Feeste, Skoletoer met BLOU BULLE & NORTHERN BULLS, ALLAN DONALD se 300ste paaltjie-viering, Rugby Life Huldeblyk aan DANIE GERBER met FRANCOIS PIENAAR, JOOST VAN DER WESTHUIZEN huldeblyk, haar solo vertoning “Tribute to Women in Rock” hoog aangeskryf deur kritici, verskeie Super 12 & Curriebeker-wedstryde, funksies vir verskeie provinsiale rugbyspanne, optredes landswyd by kerke, skole, skoue, winkelsentrums. Sy is INTENS BETROKKE met liefdadigheidswerk vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad vir Alkoholisme en tree gereeld op as motiveringspreker. Sy het al of tree gereeld op by verskeie Huisgenoot, CNA, RSG musiekfeeste, 5FM Rock Festival, Houtstok, ens.

  • Professionele debuut as hoofsanger & basspeler van vrouegroep CHESS; stel 2 albums vry met treffers “Down by die River”, Holiday, “Hello My Mama” & meer as 25,000 kopiee verkoop. Toer Afrika, tree op met o.a. HOTLINE, STIMELA, MANGO GROOVE, BRENDA FASSIE & YVONNE CHAKA-CHAKA.

  • Agtergrondsangeres & gaskunstenaar vir STEVE HOFMEYR

  • Gaskunstenaar op 2 toere vir internasionale groep BAD BOYS BLUE.

  • Stel debuut solo-CD “Die Ander Ek” vry (treffers “Wie is die Vrou in jou Arms Vanaand”, “In ’n Ander Wereld, duet “The Rose” met Steve Hofmeyr).

  • Gaskunstenaar vir internasionale groep SMOKIE. Duet “Wrong Reasons” met Smokie hoofsanger.

  • STEVE HOFMEYR & VRIENDE by Sun City.

  • Tweede solo-CD “Vrou”.

  • Eerste Steve & Vriende toer met STEVE HOFMEYR, RINA HUGO, DANIE NIEHAUS & CASPER DE VRIES.

  • Sing volksliedere by RUGBY TRI-NATIONS te Loftus Versfeldt Met REBECCA MALOPE

  • Stel derde CD “Evergreen” vry (treffer “In Die Middel”; duet “I Know Him So Well” met Rina Hugo & “Wonderlike Liefde van ‘n Ma” wat later deur DANA WINNER opgeneem word)

  • Vierde CD “All I Need Is Music”; vyfde CD “Gewildste Treffers”

  • Projek BLOND3 met Freda Francis & Mirka, CD “Sjoe” (geskryf deur Steve Hofmeyr); gaskunstenaar vir BONEY M.

MEDIA: Vele tydskrif-artikels & 11 voorblaaie

RADIO: Verskeie snitte “Lyne Van Jou Lyf”, “In Die Middel”, “All Around The World”, “Die Laaste Teug”, “Wie Is die Vrou”, “All I Wanna Do Is Make Love To You” word op verskeie radiostasies gespeel

TV: Dis Hoe Dit Is met Steve x 2, DKNT, Casper Rasper Show x 2, Noot vir Noot x 3, Liriekeraai x 2, Stoute Boude x 2, Om-i-Wereld, Fast Forward, Tekkies, Geraas, Dix Sê, Skokiaan, Boksemdais, Chuckle & Chat Show, Star Search x 2.

Toere: Namibie, Botswana, Swaziland, Comores, Mauritius, Kenia, Zimbabwe.