KURT DARREN
PERSVRYSTELLING NIMUE BIED AAN KURT DARREN KAPTEIN SE GROOTSTE PLATINUM TREFFERS TOER MET KD BAND EN DANSERS Het die naam Kurt Darren nog enige bekendstelling nodig? Hy is die kaptein en het meer toekennings vir beste liedjie van die jaar, vrystelling van die jaar, kunstenaar van die jaar, as wat meeste net van kan droom. Kurt Darren is voorwaar ‘n huishoudelike naam wat rusplek gekry het in meeste musiekliefhebbers se tuistes. Na 36 treffers is dit tyd dat Kurt op toer gaan met hierdie treffers wat hom so geliefd gemaak het. Nie net het hy sukses verwerf as sanger, maar het natuurlik ook films op sy kerfstof en het die gewilde Jukebox op KykNet, en later ook op Jacaranda FM, gevestig. Kurt gaan nou vanaf 14 Februarie regdeur SA toer met sy Kaptein se Platinum Treffers Toer. Hierdie vertoning beloof om Kurt Darren met ‘n splinternuwe aanslag aan sy bewonderaars voor te stel. Uit die mond van sy bestuurder, Louis van Wyk, van Music Profile Management, “Kurt is baie opgewonde om vir die eerste keer op toer te gaan met ‘n 5-stuks orkes, asook 4 talentvolle dansers. Kurt sal beleef word soos nog nooit tevore.” Voorts sal hierdie vertoning gepak wees met treffers van begin tot einde wat behoorlik die voete sal laat jeuk en onthou sal word lank nadat die vertoning reeds verby is. Nuwe treffers soos Lekkerbekkie en Somertreffer sal ook gehoor word saam met ‘n heel paar ander verrassings wat op ‘n onverwagte gehoor wag. Vir meer inligting oor die toer en kaartjiebesprekings, besoek gerus die Kurt Darren facebook blad op www.facebook.com/kurtdarren of Music Profile Management se facebook blad, www.facebook.com/mpmhits Uitgereik deur Music Profile Management (012) 991 4102
For more information on Kurt Darren, go to his website www.kurtdarren.co.za
|