Our Artists
"We have the stars"
Kurt Darren
Dozi
Jannie Moolman
ADAM
Radio Kalahari Orkes
Die Heuwels Fantasties

Hennie Jacobs (Diederick - 7de laan)

Hykie Berg
Deidre
Christina Storm
Dozi & Nianell
International Tour:  February 2012 - Superstar Legends  The Hollies
Irene-Louise van Wyk
Irene van Wyk
24/09/65-12/10/09

 (RIP)

Louis van Wyk
Radio Kalahari Orkes

Radio Kalahari Orkes – Uitreiking van Nuwe Film op DVD en CD

Daar ver in die ou Kalahari rus die Radio Kalahari Orkes lekker op hul louere, maak movies en saai Kalahari-musiek uit dat die rooistof so staan. Hulle maak musiek saam met Valiant Swart en Chris Chameleon en besluit op die koop toe om saam met Jack Parow die pad te vat na die wildste en weirdste Oppikoppi Bosveld Ruk en Rol Boeremusiekfees van alle tye. En daar is jou werklikwaar klinkklare dokumentêre bewys daarvan dat hierdie nie net ‘n slim bemarkingsfoefie is nie: Hiervan getuig die Nuwe film “DIE GEHEIM VAN SLANGFONTEIN” en die CD “RADIO KALAHARI ORKES – GROOTSTE TREFFERS”

Inligting oor die Movie / DVD:   “DIE GEHEIM VAN SLANGFONTEIN

Die geheim van Slangfontein” is `n musiek-fliek met Rian “Rooi Jan” Malan en die Radio Kalahari Orkes.  Dit word op DVD uitgereik en sal vanaf November beskikbaar wees in musiekwinkels landwyd.

Rian "Rooi Jan" Malan gee pad na die Kalahari. Hy's 'n stadskind wat doer anderkant die diep donker waters van die Oranjerivier wil gaan vergeet van homself, van sy simpel werk en van sy ongelukkige huwelik. Hy wil ook so ver as moontlik wegkom van die groot gemors waarin die korrupte regering sy land gedompel het. Onverwags weier sy radio om op te hou speel wanneer hy eintlik net stilte nodig het. So ontdek hy 'n raaiselagtige geheim waneer die radio aanhou om musiek te speel vanaf  'n sender wat uitsaai vanaf ‘n mistieke tussenwêreld. Die klanke maak die binneboer in hom wakker. Hy ontdek diep gevoelens wat hy laas beleef het toe hy onder Linden se skroeiende son gesit en luister het na Oubaas Malan se Maleise en Boeremusiek plate. 

Rian besluit om die eerbare ding te doen. Hy gaan die groot geheim losmaak uit die dodelike greep van die inkennige binnelanders. Maar sal hy die antwoord vind op die uitmergelende vrae wat sy gees teister? Hoe diep sal hy moet delf? Sal sy redding steeds altyd net buite bereik bly? En sal oom Willie Leopold se moersterk mampoer die geheim openbaar? 

“Hy skakel in op Stoomradio, ‘n spookstasie wat uitsaai uit die Kalahari en wat ‘n mens slegs kan hoor as jou gees reg ingestel is, soos hy dit stel. En dit wat uit daardie ou draadloos opklink, is die meevoerende klanke van die Radio Kalahari Orkes: blikkitare, bekfluitjies, banjo’s, mandolien, staalkitaar, viool, pedaalstaalkitaar, traporrel, konsertina, trekklavier – aards, opreg en ongekunsteld. Vol skop en lewe en energie. Dis terug na die roots, die wortels: kaal, reguit en eerlik. Jy wil hierdie avontuurlike, jolige, inspirerende rit waarop die RKO jou vat nie misloop nie. “ Theunis Engelbrecht, LITNET.

In episode 2 vertrek Rian en RKO na Oppikoppi 2010 vir hulle optrede daar, onder andere met gaskunstenaar Jack Parow.  Dis `n ander wêreld, maar een waarmee RKO se kultus-status sonder moeite saamsmelt.  Rock en Boeremusiek is danksy RKO al ou vriende. 

Tune in.

Sien die Lokfliek vir DIE GEHEIM VAN SLANGFONTEIN hier  : http://www.youtube.com/watch?v=GTPSCBTwg4Y

Inhoudsopgawe :

1.       Episode 1 – Die Geheim van Slangfontein– Die  Kalahari-soektog

2.       Episode 2 – Die Geheim van Slangfontein – RKO gaan Oppikoppi toe 

Die DVD bevat ook verskeie RKO  musiekvideos.

Die CD : Radio Kalahari Orkes – Grootste treffers

Beskrywing: Radio Kalahari Orkes het hulself as gunstelinge in die SA musieklandskap gevestig met 'n reeks treffers (o.a. “Kaptein Kaptein” , “Staan my By”) en topverkoper albums (“Opgestook” en “Heuningland”). Die groep tree gereeld op en met gewilde akteur en TV-persoonlikheid Ian Roberts as voorsanger, en bekende skrywer Rian Malan as mede-liedjieskrywer, is dit geen wonder dat hulle met dawerende applous ontvang word nie. 

“RKO GRootste Treffers” word uitgereik op groot publieke aanvraag en beloof om hoogs gewild te wees. Die CD bevat meeste van die liedjies op die klankbaan van 'Die Geheim van Slangfontein', wat ook op DVD vrygestel sal word (RRDVD 006).

 

 

 

For more information contact Music Profile Management